Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede |
---|---|---|---|
Karboon | Mississippium | Tournaisium | jonger |
Devoon | Laat | Famennium | 372,2–358,9 |
Frasnium | 382,7–372,2 | ||
Middel | Givetium | 387,7–382,7 | |
Eifelium | 393,3–387,7 | ||
Vroeg | Emsium | 407,6–393,3 | |
Pragium | 410,8–407,6 | ||
Lochkovium | 419,2–410,8 | ||
Siluur | Pridolium | geen gedef. | ouer |
Die verdeling van die Devoon (IKS). |
Die Pragium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Devoon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die Pragium was van 410,8 tot 407,6 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Lochkovium-etage/tydsnede en gevolg deur die Emsium.
Die basis van die Pragium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Eognathodus sulcatus en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Polygnathus kitabicus. Dit is genoem na Praag in Tsjeggië – die tipeligging vir die basis is in die steengroef Valká Chuchle suidwes van Praag.[2]