Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Privy Council

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min

Die Privy Council (Private raad) is 'n formele organisasie wat raad aan die Britse monarg gee. Die beginsels van die Privy Council is in die Middeleeue te vinde. Na die Engelse Burgeroorlog is dit in 1661 herstig en sy rol is geformaliseer. Deesdae het dit ongeveer 650 lede. Die lede sluit gewoonlik, onder andere, die eerste minister, die opposisieleier, lede van die kabinet, senior regters en biskope, en die burgemeester van die City of London in. Die Privy Council bevat ook leiers uit ander lande in die Britse Statebond. Aanstellings aan die Privy Council duur lewenslank.[1] Jan Smuts, onder andere, was 'n lid van die Privy Council.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Welcome to the Privy Council Office" (in Engels). Privy Council. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 13 Desember 2016.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Privy_Council
13 views | Status: cached on September 06 2024 05:36:51
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF