Red Deer | |
---|---|
Stad | |
Leuse(s): Education, Industry and Progress | |
Koördinate: 52°16′05″N 113°48′40″W / 52.26806°N 113.81111°W | |
Land | Kanada |
Provinsie | Alberta |
Stigting | 1882 |
Dorp | 31 Mei 1894 |
Stad | 12 Junie 1901 |
Regering | |
• Tipe | Stedelike raad |
• Burgemeester | Tara Veer |
Oppervlak | |
• Totaal | 104,29 km2 (40,27 vk. myl) |
Hoogte | 855 m (2 805 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 90 564 |
• Digtheid | 868,4/km2 (2 249/vk. myl) |
Tydsone | UTC-07:00 (MST) |
• Somertyd | UTC-06:00 (MDT) |
Poskode | T4N-T4R |
Skakelkodes | 403 587 |
Webwerf | reddeer.ca |
Red Deer is volgens sy inwonertal die derde grootste nedersetting in die Kanadese provinsie Alberta en lê naastenby halfpad tussen die hoofstad, Edmonton, en die grootste stad, Calgary. Dit is 'n streeksentrum vir die olie- en petrochemiese bedryf.
Die stad beslaan 'n oppervlak van 104,29 km² en is gemiddeld 905 meter bo seespieël geleë. Red Deer is in 1882 as 'n handelspos aan die rivier met dieselfde naam gestig en verkry stadstatus in 1913.
In 2006 het die inwonertal 82 772 beloop, bestaande uit 33 894 huishoudings. Dit was 'n toename van 22% vergeleke met 2001. Byna 90% van die huishoudings bestaan uit Engelssprekendes, 1,7% Spaanssprekendes en 1,6% Franssprekendes.
Die Red Deer Badlands is naby die stad geleë, wat 'n museum oor dinosouriërs en vele winkels huisves.