Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Reggio Emilia

From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min

Reggio Emilia
Comune di Reggio nell'Emilia
Piazza San Prospero in Reggio Emilia
Piazza San Prospero in Reggio Emilia
Vlag van Reggio Emilia
Vlag
Wapen van Reggio Emilia
Wapen
Oppervlak
 • Totaal231 km2 (89 vk. myl)
Hoogte
58 m (190 ft)
Bevolking
 (31 Desember 2017)[1]
 • Totaal171 944
Demoniem(e)Reggiano
Skakelkodes0522
WebwerfAmptelike webwerf

Reggio Emilia (of Reggio nell'Emilia) is 'n stad in die Italiaanse streek Emilia-Romagna en hoofstad van die provinsie Reggio nell'Emilia. Die stad beskik oor 163.928 inwoners.

Die stad in die Povlakte is van Romeinse oorsprong. Dit is in 175 v.C. opgerig onder die naam Regium Lepidi, en is vernoem na die oprigter daarvan, Marcus Emilius Lepidus. Die naam Reggio was vir eeue lank in gebruik gewees tot die unifikasie van Italië, sonder toevoeging van nell'Emilia. Om verwarring te voorkom met die stad Reggio in Calabria is die stad hernoem na Reggio nell'Emilia.

Die historiese binnestad is oorwegend middeleeus. Die Piazza Camillo Prampolini is die hart van die stad; hier staan onder meer die domkerk en die Palazzo Comunale. Die Cispadaanse Republiek word in 1797 in die gebou uitgeroep. Daar is ook 'n vlag vir die nuwe republiek gekies: groen, wit en rooi, die huidige nasionale vlag van Italië. 'n Ander belangrike monument is die basiliek San Prospero met sy karakteristieke agthoekige toring. Die belangrikste weg is die historiese Via Emilia wat die stad van wes na oos deurkruis.

Die katedraal is eers in die 16de eeu voltooi.

Die frazione Sesso en Ville di Reggio Emilia maak deel uit van die munisipaliteit.

Sport

[wysig | wysig bron]

AC Reggiana 1919 is die professionele sokkerspan van Reggio Emilia en speel in die MAPEI Stadion - Città del Tricolore. AC Reggiana 1919 het op die hoogste Italiaanse vlak, die Serie A gespeel. Die stadion speel ook gasheer vir US Sassuolo van die naburige Sassuolo.

Persone wat gebore is in Reggio nell'Emilia

[wysig | wysig bron]
  • Ludovico Ariosto (1474-1533), digter, toneelskrywer en howeling aan die hertogelike hof van Ferrara, skrywer van Orlando Furioso
  • Angelo Secchi (1818-1878), astronoom en geestelike
  • Silvio d'Arzo (1920-1952), skrywer
  • Serge Reggiani (1922-2004), Franse akteur
  • Romolo Valli (1925-1980), akteur
  • Mauro Baldi (1954), Formule 1-bestuurder
  • Zucchero (1955), sanger en musikant
  • Sergio Campana (1986)
  • Hachim Mastour (1998), Marokkaanse sokkerspeler

Susterstede

[wysig | wysig bron]

Notas

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Bevolkingsdata van die Nasionale Instituut van Statistieke (Istat)
  2. "Istat". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2017. Besoek op 13 Junie 2017.
  3. (it) Gemellaggi e dichiarazioni di amicizia, Comune di Reggio Emilia. Opgespoor op 13 April 2018.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Reggio_Emilia
5 views | Status: cached on November 19 2024 23:46:14
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF