Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Ripon-waterval

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Die Ripon-waterval word beskou as die begin van die Nyl.

Hierdie val was in die Victoria-Nyl by Jinja in Uganda. Die eerste Europeër wat die Nyl hier besoek het, was die Britse ontdekkingsreisiger John Hanning Speke (1827–1864). Hy het bewys dat die Victoriameer die bron van die Nyl is en sedertdien is die Ripon-waterval as die begin van die Nyl beskou. Hy gee die naam van die Britse minister van kolonies en voorsitter van die Royal Geographic Society, George F.S. Robinson, die eerste markies van Ripon (1827–1909), aan die val.

In 1954 is die Owen Falls-studam gebou en het die Ripon-waterval onder die water van die Victoriameer verdwyn.

Historiese prente in 1940

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Ripon-waterval
3 views | Status: cached on September 17 2024 10:42:31
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF