Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Roadium

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Trias Vroeg Indusium jonger
Perm Lopingium Changhsingium 252,2–254,1
Wuchiapingium 254,1–259,8
Guadalupium Capitanium 259,8–265,1
Wordium 265,1–268,8
Roadium 268,8–272,3
Sisuralium Kungurium 272,3–283,5
Artinskium 283,5–290,1
Sakmarium 290,1–295,0
Asselium 295,0–298,9
Karboon Pennsylvanium Gzhelium ouer
Die verdeling van die Perm (IKS).
’n Hercosestria cribrosa uit die Roadium.

Die Roadium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Perm (epog/serie Guadalupium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die etage/tydsnede was van sowat 272,3 tot 268,8 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Kungurium en gevolg deur die Wordium.

Naam en definisie

[wysig | wysig bron]

Die tipeligging van die Roadium is in die Stratotype-canyon in Texas, VSA. Die basis word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Jinogondolella nanginkensis en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Jinogondolella aserrata.

Die Roadium is ’n tysnede waarin die Therapsida vermeerder en oor diverse nisse versprei het.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Gradstein et al. (2012)

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Roadium
5 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF