Royal Bafokeng-stadion | ||
Buiteaansig van die Royal Bafokeng-stadion
| ||
Bynaam | Royal Bafokeng | |
---|---|---|
Volle naam | Royal Bafokeng Sports Palace | |
Ligging | Phokeng, Suid-Afrika | |
Koördinate | 25°34′43″S 27°09′39″O / 25.57861°S 27.16083°O | |
Eienaar | Royal Bafokeng-nasie | |
Kapasiteit | 44 530[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1999 | |
Renovasie | 2009 | |
Uitgebrei | 2009 | |
Huurders | ||
Platinum Stars (sokker) |
Die Royal Bafokeng Sports Palace is 'n rugby-, sokker- en atletiekstadion in Phokeng naby Rustenburg, Suid-Afrika. Die stadion word besit deur die Royal Bafokeng-nasie, vandaar die naam.[2] Dit is in 2000 gebou en het groter bekendheid verwerf gedurende die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Dit is primêr as 'n sokkerstadion gebou, en was die eerste stadion in 'n tradisionele Afrikastad waarin die Nelson Mandela Sokkeruitdaging, die FIFA Konfederasiebeker[3] en die FIFA Wêreldbeker gespeel is.[4] Klein aanpassings is vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aangebring en die kapasiteit is tot 40 000 toeskouers verhoog. Vandag word die stadion vir gemeenskapsametrekke van die Bafokengstam ingespan, sowel as vir atletiekbyeenkomste. Die professionele sokkerspan Platinum Stars speel hul tuiswedstryde in die Premier Sokkerliga in hierdie stadion.
Die stadion is die enigste groot (40 000+) stadion waar die Springbokke 'n 100% wenrekord geniet.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
14 Junie 2009 | 20:30 | Nieu-Seeland | 0–5 | Spanje | Groep A | 21 649 |
17 Junie 2009 | 20:30 | Suid-Afrika | 2–0 | Nieu-Seeland | Groep A | 36 598 |
21 Junie 2009 | 20:30 | Egipte | 0–3 | Verenigde State | Groep B | 23 140 |
28 Junie 2009 | 15:00 | Spanje | 3–2 | Suid-Afrika | Klein finale | 31 788 |
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
12 Junie 2010 | 20:30 | Engeland | 1–1 | Verenigde State | Groep C | 38 646 |
15 Junie 2010 | 13:30 | Nieu-Seeland | 1–1 | Slowakye | Groep F | 23 871 |
19 Junie 2010 | 16:00 | Ghana | 1–1 | Australië | Groep D | 34 812 |
22 Junie 2010 | 16:00 | Meksiko | 0–1 | Uruguay | Groep A | 33 425 |
24 Junie 2010 | 20:30 | Denemarke | 1–3 | Japan | Groep E | 27 967 |
26 Junie 2010 | 20:30 | Verenigde State | 1–2 | Ghana | Agste eindrondte | 34 976 |
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
22 Januarie 2013 | 17:00 | Ivoorkus | 2–1 | Togo | Groep D | 2 000 |
22 Januarie 2013 | 20:00 | Tunisië | 1–0 | Algerië | Groep D | 8 000 |
26 Januarie 2013 | 17:00 | Ivoorkus | 3–0 | Tunisië | Groep D | 20 000 |
26 Januarie 2013 | 20:00 | Algerië | 0–2 | Togo | Groep D | 35 000 |
29 Januarie 2013 | 20:00 | Ethiopië | 0–2 | Nigerië | Groep C | 15 000 |
30 Januarie 2013 | 20:00 | Algerië | 2–2 | Ivoorkus | Groep D | 5 000 |
3 Februarie 2013 | 17:00 | Ivoorkus | 1–2 | Nigerië | Kwarteindrondte | 25 000 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Royal Bafokeng Stadium. |