S.T.H. | |
---|---|
Redakteur |
|
Kategorieë | Gay pornografie, erotiese niefiksie |
Frekwensie | Ongereeld |
Jaar gestig | Omstreeks 1973 |
Eerste uitgawe | Vroeë 1970's |
Land | VSA |
Webwerf | www |
ISSN | 2473-4608 |
S.T.H. ('n afkorting vir Straight to Hell), ook bekend as The Manhattan Review of Unnatural Acts, is 'n Amerikaanse zine vir gay pornografie en erotiese niefiksie wat deur die pornograaf Boyd McDonald gestig is. Dit publiseer outobiografiese stories van seks tussen mans wat deur die tydskrif se lesers ingestuur word. S.T.H. is in die vroeë 1970's die eerste keer gepubliseer en het 'n invloedryke publikasie in New York se kuns- en kultuursfeer geword. Dit het bekende letterkundige figure soos William S. Burroughs, Allen Ginsberg en Gore Vidal onder sy lesers gehad.
Die presiese datum van S.T.H. se stigting is onbekend, maar die eerste bekende uitgawe, #2, het die datum 1973.[1][2] Die tydskrif verskyn ongereeld, en die eerste uitgawes het nie altyd datums of kopiereg gehad nie. Die tydskrif is gestig deur Boyd McDonald, wat van die vroeë 1970's tot die middel 1980's die redakteur was.[3] McDonald het S.T.H. op die been gebring as 'n tydskrif met stories oor sekservarings wat deur lesers ingestuur is ná die ondervinding wat hy opgedoen het met Skinheads, 'n zine oor voorhuidfetisjisme.[4][5] Hy het beweer hy is geïnspireer om S.T.H. te skep nadat Gore Vidal se karakter Myra Breckenridge in 'n droom aan hom verskyn het.[6]
McDonald het die hele persklaarmaking van die vroeë uitgawes hanteer.[7][8] Drukkerskoste is met sy welsyntjeks betaal, en hy het eenkeer gespot S.T.H. "is die enigte gaysekstydskrif wat deur die Amerikaanse regering befonds word".[5] Op sy hoogtepunt het die tydskrif 'n sirkulasie van 20 000 gehad,[5] en dit het aan McDonald 'n inkomste verseker wat hy op manlike eskorts uitgegee het.[9]
McDonald het in die middel 1980's die redakteurskap van die tydskrif oorgegee aan Victor Weaver en het 'n reeks antologieë begin publiseer wat stories van die tydskrif versamel het; Meat, die eerste volume, het 'n omset van 50 000 gehad.[10] In 1989 het Billy Miller die redakteur van S.T.H. geword, en in 2007 het hy ou uitgawes van die tydskryf digitaal begin beskikbaar stel.[11] S.T.H. #68, die mees onlangse uitgawe, is in 2017 uitgegee met Miller as redakteur.[12]
S.T.H. bestaan hoofsaaklik uit lesers se bydraes oor hulle seksuele ondervindings. Dit word net vir lengte geredigeer; spel- en taalfoute word net so gelos.[13] McDonald het gesê: "Vir my is mans wat nie leestekens gebruik nie groter pret in die bed as dié wat dit wel gebruik."[14] McDonald het bydraers aangemoedig om Ernest Hemingway en William S. Burroughs te lees en hulle direkte en eenvoudige skryfstyl na te boots.[14] Hy sou dikwels met bydraers korrespondeer en hulle in besonderhede oor hulle seksgewoontes uitvra; dan sou hy hulle antwoorde publiseer.[7]
Die tydskrif het ook pornografiese foto's gepubliseer, wat deur lesers ingestuur is én van ateljees.[15] Onder McDonald was daar artikels met sy kommentaar oor seks, kultuur en politiek, veral wat hy ervaar het as die skynheiligheid van individue en sterre wat nie hulle eie begeertes ten volle aanvaar nie.[16]
Hoewel die subtitel wat die algemeenste gebruik is, The Manhattan Review of Unnatural Acts is, is 'n ewigdurend veranderende verskeidenheid subtitels gebruik, waarvan sommige 'n parodie op ander publikasies en werke was:[7][11][17]
McDonald het S.T.H. beskryf as beide 'n kunspoging en 'n navorsingswerk, en het gepraat van die belangrikheid daarvan om die lewe van gay mans vas te vang in 'n tydperk van die 1940's tot die 1980's, wat hy beskryf het as die "Golden Age of American Cocksucking".[18] Hy het die tydskrif beskryf as "not for the upward striving middle class but for guys who like to go down";[19] Bernard Welt meen S.T.H. het McDonald se begeerte weerspieël om pornografie met smerigheid te vervang, wat hy beskou het as "seks wat getrou, idiosinkraties en eerlik is".[20]
Onder S.T.H. se lesers het talle bekendes in die kunste en letterkunde getel, en die tydskrif is dikwels deur sy redakteurs "the cumrag of the stars" genoem.[11] Lesers sluit in William S. Burroughs, Allen Ginsberg, Christopher Isherwood, Tennessee Williams, Robert Mapplethorpe, Larry Mitchell, David Sedaris, John Mitzel en Gore Vidal.[3][21][22][11] Vidal het dit eenkeer beskryf as "een van die beste radikale publikasies in die land."[11][22] Die skrywer John Preston het S.T.H. egter gekritiseer en sy lesers "vuil", "morsig", "siek", "pervers" en "aweregs" genoem.[23]
Die tydskrif se partytjies is deur talle bekendes bygewoon.[24][25] In 2008 het die Berlyngebaseerde kunsgalery Exile 'n uitstalling, "Straight To Hell presents: In Cock We Trust" gehou, 'n uitstalling van die tydskrif se materiaal.[26] In 2010 het die White Cubicle Toilet Gallery in Londen ook 'n uitstalling gehou: "Straight to Hell at White Cubicle: An Installation by Jan Wandrag".[27]
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)