Volledige naam | Sportverein Spielberg 1920 e.V. |
Stigtingsdatum | 1920 |
Tuisveld | Sportplatz Spielberg, Karlsbad |
Kapasiteit | 1 500 |
Kompetisie | Oberliga Baden-Württemberg |
SV Spielberg is 'n sportklub uit Karlsbad in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland. Benewens sokker, het die klub ook 'n gimnastiek-afdeling vir dames. Spielberg is 'n dorpswyk van Karlsbad wat tot in 1971 'n onafhanklike dorp was.
Die klub is in 1920 met die huidige naam gestig, maar in 1933 weer verbied deur die Nazi’s aangesien dit as 'n arbeidersklub beskou is. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub in 1946 herstig en in 1975 het die klub sy grootste prestasie behaal deur die eerste rondte van die DFB-Pokal te haal.
Jens Nowotny, wat tussen 1997 en 2006 48 wedstryde vir die Duitse nasionale span gespeel het, het in 1978 as vierjarige by die klub aangesluit en tot 1985 vir die klub se jeugspanne uitgedraf.
|
|
Oberliga Baden-Württemberg 2009/10-seisoen | |
Bahlinger SC|
TSG Balingen|
SV Bonlanden|
TSV Crailsheim|
FC Denzlingen|
ASV Durlach| |