From Wikipedia (Af) - Reading time: 5 min
| Basilica di Santa Croce | |
|---|---|
Die Santa Croce in Florence is 'n Franciskaanse kerk en een van die beste voorbeelde van Italiaanse Gotiese argitektuur. Bouwerk daaraan het in 1294 'n aanvang geneem. Dit is moontlik deur Arnolfo di Cambio ontwerp; en is in 1442 voltooi; met die uitsondering van die 19de eeuse fasade (wat ‘n voorbeeld van die Gotiese-hernuwings-beweging van die 19de eeu daarstel) en die kloktoring (campanile). Baie van die binnemure bevat meesterstukke van Toskaanse Gotiese- of proto-Renaissance skilderkuns: die fresko's van die Bardi – en Peruzzi-kapelle is deur Giotto geskilder; die Baroncelli-kapel beskik oor fresko's deur Taddeo Gaddi en ‘n poliptiek deur Agnolo Gaddi, wat ook die freskos geskilder het in die Castellani-kapel.
Daar is ook voorbeelde van beeldhouwerke deur sulke meesters van die vroeë Renaissance-kuns soos Bernardo Rossellino, Donatello, Mino da Fiesole, Andrea della Robbia, en Benedetto da Maiano. Verskeie bekende Italianers soos ondermeer Leon Battista Alberti, Michelangelo, Vittorio Alfieri, Leonardo Bruni, Gioachino Rossini, en Galileo is begrawe in die kerk. Een van die beste voorbeelde van vroeë-Renaissance argitektuur is die Pazzi-kapel deur Brunelleschi, wat geleë is in die 14de eeuse suilegang aangrensend tot die basiliek.[1]


Kunstenaars wie se werk in die kerk teenwoordig is, sluit in:
Daar was eens 'n poliptiek deur Lorenzo di Niccolò in die kerk se Medici-kapel gewees; die panele van die werk is egter nou verdeel tussen die Florentynse Galerye en die Bagatti Valsecchi Museum in Milaan, terwyl die Novisiaat Altaarstuk deur Filippo Lippi en 'n predella deur Pesellino vir die kerk se Novisiaat-kapel geskilder was.

Die Bardi-kapel bevat Giotto se Afsterwe van Sint Franciskus; te wete 'n werk wat gerestoureer was in die 19de eeu; hierdie restourasie was later verwyder ten einde die areas wat as definitiewe gedeeltes van Giotto se werk geïdentifiseer is te kan bestudeer, welke veroorsaak het dat gedeeltes van die skildery uitgewis is.[3]
Die Basiliek het gewild geraak onder Florentyne as 'n plek van aanbidding en beskerming, en dit het gebruiklik geword vir geëerde Florentyne om daar begrawe of herdenk te word. Sommige van die teraardebestellings het in kapelle plaasgevind wat deur vermoënde families besit word, soos die Bardi en Peruzzi. Met verloop van tyd was spasie ook geskep vir noemenswaardige Italianers van elders. Daar was vir meer as 500 jare monumente in die kerk opgerig, insluitende monumente gewy aan:
Machiavelli se graftombe
Galileo se graftombe