Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Bosnië en Herzegowina |
Koördinate | 43°52′N 18°25′O / 43.867°N 18.417°O |
Stigting | 1461 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 141,5 vk km |
Hoogte bo seevlak | 518 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 448 646 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 157,2/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 688 354 |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Ivo Komšić (SDU) |
Amptelike Webwerf | www.sarajevo.ba |
Sarajevo (Cyrillies: Сарајево, [sǎrajeʋo]) is die hoofstad en met 'n bevolking van 448 646 ook die grootste stad van Bosnië en Herzegowina. Die stad is langs die Miljacka-rivier in die Sarajevo-vallei geleë en word deur die Dinariese Alpe omring.
Sarajevo het vroeër veral vir sy godsdienstige diversiteit bekend gestaan. Hier het aanhangers van Islam, die Ortodokse Christendom, Katolisisme en Judaïsme eeue lank vreedsaam saamgeleef.
Alhoewel die eerste menslike nedersettings in die gebied in die prehistoriese tydperk terugstrek, het die moderne Sarajevo uit 'n 15de eeuse Ottomaanse vesting ontstaan. Die stad het verskeie kere in sy geskiedenis internasionale aandag getrek. Die moord op aartshertog Frans Ferdinand van Oostenryk en sy vrou Sophie in 1914 was die vonk wat die Eerste Wêreldoorlog laat ontvlam het. Sewentig jaar later het Sarajevo as die gasheerstad van die Olimpiese Winterspele opgetree. Die beleg van Sarajevo tydens die Bosniese onafhanklikheidsoorlog tussen 1992 en 1996 vorm een van die donkerste periodes uit die geskiedenis van die stad.
Die heropbou duur steeds voort, maar Sarajevo is lankal die beduidendste kulturele en ekonomiese sentrum in Bosnië en Herzegowina.