From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min
Die Sasol-kunsmuseum is 'n kunsmuseum te Ryneveldstraat 52 in Stellenbosch in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die museum vorm deel van die Eben Dönges-sentrum op die kampus van die Universiteit Stellenbosch.
Dit word in 'n Hollandse Neo-klassieke gebou uit 1907 gehuisves, wat in 1976 tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar is. Die gebou is aanvanklik deur die Bloemhof Skool gebruik, waarna dit gerestoureer en op 3 Oktober 1991 as 'n kunsmuseum geopen is. Die restourasiewerk is deur Sasol befonds, wat tot die naam aanleiding gegee het.[1]