Alexandra (Sondra) Tschacbasov (trou 1956; skei 1959)
Susan Glassman (trou 1961; skei 1964)
Alexandra Bagdasar Ionescu Tulcea (trou 1974; skei 1985)
Janis Freedman (trou 1989)
Handtekening
Saul Bellow (gebore as Solomon Bellows; 10 Junie 1915 – 5 April 2005) was 'n Kanadees-Amerikaanse skrywer. Hy het die Pulitzerprys, die Nobelprys vir Letterkunde en die Nasionale Kunstemedalje vir sy skryfwerk ontvang.[1] Hy is die enigste skrywer wat Amerika se nasionale boekprys vir fiksie drie keer kon wen. Hy het ook in 1990 die Nasionale Boekstigting se medalje vir lewenslange uitsonderlike bydraes tot die Amerikaanse letterkunde gewen.[2]
Sy skryfwerk versinnebeeld in die woorde van die Sweedse Nobelkomitee "'n mengsel van die ryk pikareske roman en 'n subtiele analise van ons kultuur, van vermaaklike avontuur, drastiese en tragiese episodes in vinnige opeenvolging wat afgewissel word met filsofiese gesprekvoering, en wat alles ontwikkel is deur 'n kommentator met 'n spitsvondige tong en deurtastende insig in die eksterne en interne komplikasies wat ons aandryf om op te tree of ons daarvan te weerhou; wat bestempel kan word as die dilemma van ons tyd." [3] Sy bekendste werke sluit The Adventures of Augie March,Henderson the Rain King, Herzog, Mr. Sammler's Planet, Seize the Day, Humboldt's Gift en Ravelstein in. Bellow se werk word beskou as 'n belangrike verteenwoordiger van 20ste eeuseletterkunde.[4]
Bellow het gesê dat van al sy karakters, Eugene Henderson van Henderson the Rain King hom die beste voorstel.[5] Bellow het grootgeword as 'n immigrant uit Quebec. Christopher Hitchens beskryf Bellow se fiksie en hoofkarakters as 'n spieëlbeeld van sy eie hunkering na onvergelykbaarheid, 'n geveg "om nie slegs die omstandighede van die ghetto te oorkom nie, maar ook gehtto-psigose."[6][7] Bellow se protagoniste worstel almal met wat Albert Corde, die dekaan in The Dean's December, "die grootskaalse kranksinnighede van die 20ste eeu" noem.
Geïllustreerde portret van Bellow deur Zoran Tucić
Die werke van die skrywer spreek die verbluffende aard van die moderne beskawing, en die vermoë van die mens om sy broosheid te bowe te kom en grootsheid (of ten minste bewustheid) te bereik, aan. Bellow het verskeie gebreke in die moderne beskawing, en hierdie gebreke se vermoë om waansinnigheid, oëverblindery en materialisme te bevorder, raakgesien. [8] Die hoofkarakters in Bellow se fiksie beskik oor die potensiaal tot heldedade, en word baie keer gekontrasteer met die negatiewe kragte van die samelewing. Hierdie karakters is dikwels Joods en voel dikwels vervreem.
Die Joodse lewe en -identiteit is 'n belangrike tema in Bellow se werk, alhoewel hy 'n renons daarin gehad het om 'n "Joodse skrywer" genoem te word. Bellow se werk toon ook waardering vir Amerika en 'n fassinasie met die destydse uniekheid en lewenskragtigheid van die Amerikaanse ervaring.
Bellow se werk bevat heelwat verwysings na, en aanhalings uit, Proust en James se werk. Hierdie verwysings na hoëkultuur word egter dikwels afgewissel met kwinkslae en spitsvondighede. Bellow het outobiografiese elemente in sy fiksie geïnkorporeer en daar word dikwels gespekuleer dat baie van sy hoofkarakters ooreenkomste met hom toon.
Soos wat hy ouer geword het, het Bellow wegbeweeg van linkse politiek en homself geïdentifiseer met kulturele konserwatisme.[9] Sy opponente het feministe, kampusaktiviste en postmoderniste ingesluit.[10] Bellow het ook betrokke geraak in die dikwels omstrede kwessie van betrekkinge tussen Amerikaanse Jode en Afro-Amerikaners.[11] Bellow het 'n kritiese houding teenoor multikulturalisme ingeneem en op 'n keer volgens Alfred Kazin gesê: "Wie is die Tolstoi van die Zoeloes en die Proust van die Papuane? Ek sal hom met graagte lees."[12][13] Bellow het homself later ietwat van hierdie opmerkings gedistansieër, wat hy gekarakteriseer het as "terloopse en sekerlik pedantiese opmerkings." Hy het egter by sy standpunt oor multikulturalisme gehou en geskryf:
In any reasonably open society, the absurdity of a petty thought-police campaign provoked by the inane magnification of "discriminatory" remarks about the Papuans and the Zulus would be laughed at. To be serious in this fanatical style is a sort of Stalinism – the Stalinist seriousness and fidelity to the party line that senior citizens like me remember all too well.[14]
Ondanks sy vereenselwiging met Chicago het hy hom gedistansieër van sommige van die stad se meer konvensionele skrywers. In 'n 2006 onderhoud met die tydskrif Stop Smiling het Studs Terkel oor Bellow gesê: "Ek het hom nie goed geken nie. Ons het oor politieke kwessies verskil. Tydens die betogings wat aan die begin van Norman Mailer se Armies of the Night plaasvind het, toe Mailer, Robert Lowell en Paul Goodman opgetrek het om teen die Viëtnamoorlog te protesteer, is Bellow uitgenooi vir 'n soort teenvergadering. Hy het gesê: 'Natuurlik sal ek dit bywoon'. Hy het egter 'n groot gewag daarvan gemaak. In pleks daarvan om net 'OK' te sê, was hy trots daarop. Daarom het ek 'n brief aan hom geskryf waarvan hy nie gehou het nie. Hy het my beantwoord met 'n brief van sy eie. Hy het my 'n Stalinis genoem. Andersins was ons vriendelik met mekaar. Hy was natuurlik 'n briljante skrywer. Ek is versot op Seize the Day."
2010- ingelyf in Chicago se Literary Hall of Fame.[21]
Bellow word uitgebeeld in ses portrette wat deel is van die versameling van die Nasionale Portretgalery van die Verenigde State en wat 'n foto deur Irving Penn,[22] 'n skildery deur Sarah Yuster,[23] 'n borsbeeld deur Sara Miller[24] en skilderye deur Edward Sorel en Arthur Herschel Lidov insluit.[25][26][27] 'n Kopie van die Miller-borsbeeld is in 1993 geïnstalleer in die Harold Washington Library Center.[28]
Bellow se skrywersnalatenskap word gehuisves in die biblioteek van die Universiteit van Chicago.[29]
Saul Bellow, Tony Tanner (1965) (sien ook sy City of Words [1971])
Saul Bellow, Malcolm Bradbury (1982)
Saul Bellow Drumlin Woodchuck, Mark Harris, University of Georgia Press. (1982)
Saul Bellow: Modern Critical Views, Harold Bloom (Red.) (1986)
Handsome Is: Adventures with Saul Bellow, Harriet Wasserman (1997)
Saul Bellow and the Decline of Humanism, Michael K Glenday (1990)
Saul Bellow: A Biography of the Imagination, Ruth Miller, St. Martins Pr. (1991)
Bellow: A Biography, James Atlas (2000)
Saul Bellow and American Transcendentalism, M.A. Quayum (2004)
"Even Later" and "The American Eagle" in Martin Amis, The War Against Cliché (2001). Laasgenoemde essay kan ook gevind word in die Everyman's Library-uitgawe van Augie March.
'Saul Bellow's comic style': James Wood in The Irresponsible Self: On Laughter and the Novel, 2004. ISBN 0-224-06450-9.
The Hero in Contemporary American Fiction: The Works of Saul Bellow and Don DeLillo , Stephanie Halldorson (2007)
"Saul Bellow", 'n liedjie wat geskryf is deur Sufjan Stevens en op sy album The Avalanche verskyn en opnames bevat uit sy konsepalbum, Illinois
The Life of Saul Bellow: To Fame and Fortune, 1915–1964 (2015), en The Life of Saul Bellow: Love and Strife, 1965–2005 (2018), Zachary Leader
↑"National Book Awards – 1954". National Book Foundation (NBF). Opgespoor op 2012-03-03. (Met 'n essay deur Nathaniel Rich van die toekennings se 60-jaar herdenkingsblog.)
↑"National Book Awards – 1965". NBF. Opgespoor op 2012-03-03. (met 'n toespraak deur Bellow en essay deur Salvatore Scibona van die toekennings se 60-jaar herdenkingsblog.)
↑"National Book Awards – 1971". NBF. Opgespoor op 2012-03-03. (Met 'n essay deur Craig Morgan Teicher van die toekennings se 60-jaar herdenkingsblog.)
↑"History". Past winners & finalists by category. The Pulitzer Prizes. Opgespoor op 30 Maart 2012.