Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

See-goudvissie

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min


Seegoudvissie
'n See-goudvissie, Pseudanthias squamipinnis.
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Actinopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Serranidae
Genus: Pseudanthias
Spesie:
P. squamipinnis
Binomiale naam
Pseudanthias squamipinnis
(Peters, 1885)

Die seegoudvissie (Pseudanthias squamipinnis) is 'n vis wat voorkom in die tropiese en subtropiese water in die Indiese-Pasifiese gebied en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis as die sea goldie bekend.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]
'n Mannetjie, in Dahab in Egipte afgeneem.

Die kleure van die mannetjie en wyfie verskil. Die wyfie is oranje terwyl die mannetjie meer rooi met 'n goudskynsel is. Die mannetjie se derde stekel van die dorsale vin is verleng en het twee rooi kolle op die pektorale vinne. Die vis word 10 cm groot.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Die vis leef in skole saam in water wat 10 – 25 m diep is op koraalriwwe. Hulle vreet soöplankton en die larwes van skaaldiere. Al die klein vissies word as wyfies gebore en 'n dominante wyfie verander van geslag om die rol as mannetjie aan te neem. Indien die mannetjie iets sou oorkom, verander die dominante wyfie van geslag en kleur om as die mannetjie te dien. Die vis is gewild onder akwariumversamelaars.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/See-goudvissie
4 views | Status: cached on April 27 2025 05:54:26
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF