Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Selena

From Wikipedia (Af) - Reading time: 4 min

Selena
Selena in 1995
Agtergrondinligting
GeboortenaamSelena Quintanilla
Ook bekend asSelena, Selena Pérez
Gebore19 April 1971
Lake Jackson, Texas, VSA
Sterf31 Maart 1995 (op 23)
Corpus Christi, Texas, VSA
Beroep(e)Sanger-liedjieskrywer, platevervaardiger, aktrise, danseres, model, ontwerpster
InstrumenteStem
Jare aktief1982–1995
EtiketteFreddie, Cara, GP Productions, EMI Latin, Q-Productions, SBK
AssosiasiesSelena y Los Dinos, Abraham Quintanilla III, Suzette Quintanilla, Chris Pérez, Wyclef Jean

Selena Quintanilla-Perez (* 16 April 1971; † 31 Maart 1995; kortweg as Selena bekend) was 'n gewilde Meksikaans-Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, danseres, model, mode-ontwerper, aktrise en platevervaardiger, wat die erebynaam "Die Koningin van Tejano-musiek" genoem is.[1] Selena, die jongste kind van 'n Meksikaans-Amerikaanse paartjie,het haar eerste album op die ouderdom van twaalf uitgereik. Sy het die toekenning "Female Vocalist of the Year" by die 1987 Trejano-musiektoekennings ontvang en het 'n paar jaar later 'n opneemkontrak met EMI losgeslaan. Haar gewildheid het gedurende die vroeë 1990's toegeneem, veral in Spaanssprekende lande, en ná haar tragiese dood het dit steeds bly groei.

Selena het verdere noemenswaardigheid in Noord-Amerika bereik, nadat sy op die ouderdom van 23 deur Yolanda Saldivar, die president van haar aanhangersklub, vermoor is. Op 12 April 1995, twee weke ná haar dood, het Texas-goewerneur George W. Bush haar geboortedag as "Selena-dag" in Texas verklaar.[2] Warner Bros het in 1997 die rolprent Selena geproduseer — 'n biografiese prent met Jennifer Lopez in die hoofrol. Selena se lewe was ook die basis van die musiekblyspel Selena Forever, met Veronica Vazquez as Selena. In Junie 2006 is Selena met 'n museum en 'n lewensgrootte bronsstandbeeld (Mirador de la Flor in Corpus Christi, Texas) vereer, wat weekliks deur honderde aanhangers besoek word.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Selena is gebore in Lake Jackson, Texas van Meksikaans-Amerikaanse ouers, Abraham Quintanilla III en 'n half-Cherokee moeder Marcella Samora. Sy het begin sing op die ouderdom van drie, toe sy nege was, was haar pa die stigter van die sanggroep Selena y Dino's. Hulle het aanvanklik opgetree by die familie se restaurant Quintanilla, Pappa Gayo's.

Selena het in Engels en Spaans gesing.

Diskografie

[wysig | wysig bron]

EMI Latin-albums

[wysig | wysig bron]
  • Selena (1989)
  • Ven Conmigo (1990)
  • Entre A Mi Mundo (1992)
  • Live! (1993)
  • Amor Prohibido (1994)
  • Dreaming of You (1995)

Grootste treffers

[wysig | wysig bron]
  • Classic Series (2006)
  • Forever Selena (2007)
  • Serie Verde (2007)
  • Las Mas Divas de Tejana (2008)
  • Involidable (2009)
  • La Leyenda (2010)

Videografie

[wysig | wysig bron]

Filmografie

[wysig | wysig bron]
  • Dos Mujers, Un Camino (1993–1994)
  • Don Juan DeMarco (1995)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Mitchell, Rick. "Selena". Houston Chronicle, 21 Mei 1995. Besoek op 1 Februarie 2008.
  2. Orozco, Cynthia E. Quintanilla Pérez, Selena. The Handbook of Texas online. Bekyk op 29 Mei 2009

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Selena
13 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF