From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min
| #704214 |
Sepia is 'n donker bruingrys kleur wat vernoem is na die ryk bruin pigment wat uit die inksak van 'n seekat gehaal word.
Sepia beteken "seekat" in Grieks.
Volgens verskeie kleurskemas word sepia as volg voorgestel:
| Model | Koördinate |
|---|---|
| Heksadesimale kode | #704214 |
| RGB-kleurmodel | (112, 66, 20) |
| CMYK | (0, 41, 82, 56) |
| HSV | (30°, 82%, 44%) |