Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Serapeum

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min


Theophilus, evangelie in die hand, staan triomfantelik op die Serapeum in 391 n.C.

'n Serapeum is 'n tempel of ander godsdienstige instelling, gewyd aan die sinkretiese Helleens-Egiptiese god Serapis, wat fasette van Osiris en Apis saamgevat het in 'n vermenslikte vorm, soos aanvaar deur die Ptolemeïese Grieke van Alexandrië. Daar was verskeie sodanige godsdienssentrums, wat elk as 'n serapeion bekend gestaan het (Grieks: Σεραπεῖον) of, in die gelatiniseerde vorm daarvan, 'n serapeum.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Serapeum
22 views | Status: cached on August 06 2025 23:26:55
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF