Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Sergey Lagodinsky

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min

Sergey Lagodinsky
Gebore1 Desember 1975 (1975-12-01) (48 jaar oud)
NasionaliteitDuitsland
BeroepPolitikus, regsgeleerde

Sergey Lagodinsky (Russies: Сергей Лагодинский, Afrikaanse transliterasie: Sergei Lagodinski, gebore 1 Desember 1975 in Astrachan) is 'n Duitse politikus en regsgeleerde van Astrachanse Joodse afkoms. Sedert 2019 is hy 'n lid van die Europese Parlement vir Alliansie 90/Die Groenes.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Lagodinsky is in 'n Joodse familie in Astrachan, destyds deel van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek, gebore. In 1993 het sy familie na die Duitse deelstaat Sleeswyk-Holstein geëmigreer. Hy het regte aan die Universiteit van Göttingen en publieke administrasie aan die Harvard-universiteit gestudeer. Van 2003 tot 2008 het hy by die Amerikaanse Joodse Komitee gewerk as 'n programdirekteur en, later, as 'n adviseur van die besturende direkteur.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Sergey Lagodinsky. Non-Resident Fellow". Global Public Policy Institute (in Engels). Besoek op 14 Julie 2023.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Sergey_Lagodinsky
2 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF