Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Sosialisme

From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min

New Harmony, 'n model gemeenskap soos deur Robert Owen in 1838 voorgestel

Sosialisme is 'n ekonomiese en politieke stelsel waar die werkers (en nie hul werkgewers nie) beheer oor die produksiemiddele, soos masjinerie en landbougrond uitoefen. Mense wat so 'n koöperatiewe samelewing bepleit word sosialiste genoem. Hulle glo daaraan dat goedere en dienste vir menslike gebruik, en nie vir winste geproduseer moet word nie. Sosialiste glo dat alles in die samelewing deur die koöperatiewe pogings van sy lede vervaardig moet word.

Daar is verskeie vorme van sosialisme, en geen enkele definisie dek die totale spektrum nie. Hulle stem ooreen in die opsig dat die werkers die hulpbronne en produksiemiddele moet besit.[1] Hulle verskil egter van mekaar in terme van die rol van die vryemark en beplanning, asook die rol van bestuurders en die regering se rol in die ekonomie.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Robert Owen was die eerste sosialis. Sy volgelinge begin hulself in 1841 sosialiste te noem.[2] Hy word steeds as die pionier van die Koöperatiewe Beweging in Brittanje beskou. Hy was van mening dat die werkers die maatskappye waar hulle werk moet besit. Die werkers sal dan die winste regverdig onder mekaar verdeel. Hy het so 'n nuwe model fabriek in New Lanark, Skotland opgerig.[3]

Karl Marx is die bekendste sosialis, maar is eerder die argitek van die teorieë oor sosialisme en kommunisme. Hy het 'n omvattende boek oor kapitalisme, sosialisme en kommunisme geskryf, genaamd "Die Kommunistiese Manifes". Friedrich Engels was 'n mede-skrywer, en het baie van Marx se werk en navorsing befonds.

Verskeie sosialistiese politieke partye is gedurende die 19de eeu en vroeë deel van die 20ste eeu gevorm. Linkse politieke partye is oor die algemeen nuwer as hul regse eweknieë.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Peter Lamb, J. C. Docherty. Historical dictionary of socialism. Lanham, Maryland, UK; Oxford, England, UK: Scarecrow Press, Inc, 2006. p. 1.
  2. Gale (2001). "Socialism" . World of Sociology. Opgespoor 15 Junie 2011.
  3. "Socialism". Encyclopedia of World Trade From Ancient Times to the Present. 2005. Besoek op 15 Junie 2011.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Sosialisme
24 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF