From Wikipedia (Af) - Reading time: 5 min
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Sprota was 'n vrou uit die vroeë 10de eeu wat van obskure afkoms was, en "involge Wikinggebruik" (more danico) met[1][2] Willem I van Normandië getroud was. By hom het sy geboorte geskenk aan sy opvolger, Richard I, Graaf van Normandië. Na die dood van Willem is sy getroud met 'n welgestelde grondeienaar genaamd Esperleng, en by hom het sy 'n verdere seun gehad, die Normandiese edelman Rodulf van Ivry.[3][4][5]
Die eerste vermelding van Sprota is deur haar tydgenoot, Flodoard van Reims. Alhoewel hy haar nie by name noem nie, identifiseer hy haar onder die jaar 943 as die moeder van "Willem se seun [Richard], gebore uit 'n Bretonse minnares".[6] Elisabeth van Houts skryf: "op hierdie verwysing berus die identifikasie van Sprota, Willem I se vrou 'volgens Deense gebruik', as afkomstig vanuit Bretagne"[7]. Die beskrywing kan verdermeer van toepassing wees op enigiemand van inheemse Bretonse, Skandinawiese, of Frankiese etnisiteit. Laasgenoemde is die waarskynlikste, gebaseer op die spelling van haar naam.[8] Die eerste persoon wat haar naam verskaf het was Willem van Jumièges,[9][10]wat in die tweede helfte van die 11de eeu geskryf het. Die naam Sprota blyk dieselfde wortel te bevat as die antroponiem Sprot wat in die Domesday Book en in verskeie plekname in beide Engeland en Normandië gevind word, soos byvoorbeeld Sprotbrough (Sproteburg 1086) en Epreville (Sprovilla 1025).[11] Dit kan terselfdertyd ook van Angelse (Sprota),[12] Anglo-Skandinawiese, of Skandinawiese afkoms wees (sien Sproti[13]).
Die nie-Christelike aard van haar verhouding met Willem het 'n verleentheid vir haar seun Richard I geword. Die Franse koning, Louis IV van Frankryk, "het die seun erge beledigings toegesnou", en hom "die seun van 'n hoer wat 'n ander vrou se man verlei het," genoem[14][15]
Ten tyde van die geboorte van haar eerste seun Richard het Sprota in haar eie huishouding in Bayeux onder Willem se beskerming gewoon.[4] Willem, wat sopas 'n rebellie by Pré-de Bataille verslaan het, (ongeveer 936),[a] het die nuus dat Sprota pas geboorte geskenk het aan 'n seun by 'n boodskapper verneem; hy was verheug oor die nuus en het beveel dat sy seun gedoop word en die naam Richard gegee word.[10]
Na die dood van Willem I en die gevangenskap van haar seun Richard, is sy deur die "ontsaglik welvarende" Esperleng uit haar gevaarlike situasie "gered".[3] Robert van Torigni het Sprota se tweede man[b] as Esperleng, 'n ryk grondeienaar wat in Pîtres verskeie meule bedryf het, geïdentifiseer.[4][16]
By Willem I was sy die moeder van:
By Esperling van Vaudreuil was sy die moeder van:
{{cite book}}: Onbekende parameter |agency= geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link).