Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Stadiums van morele ontwikkeling van die mens

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Die ontwikkeling van 'n mens se moraliteit deur sy lewe word deur Lawrence Kohlberg in ses stadiums, wat weer in drie vlakke gegroepeer word, ingedeel.

Pre-konvensioneel

[wysig | wysig bron]

Hierdie denkpatrone word veral in kinders (4-10 jaar) bespeur waar die eie ek imperatief is.

Stadium 1: die kind se gedrag word deur die vermyding van negatiewe gevolge gemotiveer.
Stadium 2: die kind tree op om beloning te ontvang.

Konvensioneel

[wysig | wysig bron]

Jong volwassenes (10-13 jaar) openbaar dikwels hierdie beskouings gebaseer op die samelewing se waardes.

Stadium 3: Die kind tree op om ander se afkeuring te vermy.
Stadium 4: Die kind begin ooreenkomstig wet en plig op te tree.

Post-konvensioneel

[wysig | wysig bron]

Persoonlike beginsels word die belangrikste basis van moraliteit (13 jaar tot volwassenheid).

Stadium 5: Die kind tree op om ander se respek te behou.
Stadium 6: Die kind begin om sy/haar eie beginsels te handhaaf.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Stadiums_van_morele_ontwikkeling_van_die_mens
1 |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF