Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Suidwes-Finland

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min

Kaart.

Suidwes-Finland (Fins: Varsinais-Suomi, Sweeds: Egentliga Finland, letterlik Eintlike Finland) is 'n administratiewe streek in Finland wat op die suidweskus van die land geleë is. Die streek word begrens deur Satakunta in die noorde, Pirkanmaa in die noordooste, Kanta-Häme in die ooste, Uusimaa in die suidooste en die outonome eilandgroep van Åland in die suidweste.

Suidwes-Finland beslaan 'n landoppervlakte van 10 910 km² en het 'n bevolking van 478 775 in 2019 gehad.[1] Die streek het 27 munisipaliteite waarvan elf stadstatus het. Die grootste stad en administratiewe hoofstad van die streek is Turku (Sweeds: Åbo) wat ook die oudste stad in Finland is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (fi) "Väestörakenteen ennakkotiedot muuttujina Kuukausi, Alue, Sukupuoli, Ikä ja Tiedot". Tilastokeskus. 25 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2020. Besoek op 4 September 2019.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Suidwes-Finland
13 views | Status: cached on November 21 2024 11:47:17
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF