From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
| Kaart | Seël |
| Vlag | |
| Land | |
| Administratiewe gewes | Noord-Taiwan |
| Koördinate | 24°59′N 121°19′O / 24.983°N 121.317°O |
| Gestig op | 25 Desember 2014 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 1 220,95 vk km |
| Hoogte bo seevlak | - m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (Maart 2023) | 2 293 509 |
| - Bevolkingsdigtheid | 1 900/vk km |
| Tydsone | UTC +8 (CST) |
| Burgemeester | Chang San-cheng (KMT) |
| Amptelike webwerf | Taoyuan |
Taoyuan, amptelik Taoyuan Stad (Chinees: 桃園市; pinyin: Taoyuan shi; Taiwannees: Thô-hn̂g Tshī), is ná Nieu-Taipei, Kaohsiung, Taichung en Taipei die vyfde grootste stad van die Republiek China op die eiland Taiwan met 'n bevolking van sowat 2,3 miljoen en beslaan 'n oppervlakte van 1 220,95 km². Taoyuan is 'n spesiale munisipaliteit in die noordelike deel van die eilandstaat en dit word regstreeks deur die nasionale regering bestuur.[1] Die stad is langs Nieu-Taipei aan die kus van die Oos-Chinese See in die administratiewe gewes Noord-Taiwan geleë. Taoyuan-distrik is in hierdie munisipaliteit geleë en dien as setel van Taoyuan.

Die stad Taoyuan is op 25 Desember 2014 uit die Taoyuan-distrik gevorm. Taoyuan beteken "persketuin" aangesien die gebied gereeld baie perskebloeisels het. Taoyuan is die tuiste van die inheemse Pingpu-stam. Dit vorm nou 'n belangrike industriële streek van Taiwan. Die grootste lughawe van dié land, Taoyuan Internasionale Lughawe, wat Taipei bedien, is in hierdie streek geleë. Taoyuan beskik ook oor 'n groot hawe langs die Oos-Chinese See.