Toekan | ||||
Latynse naam | Tucana | |||
Genitief | Tucanae | |||
Afkorting | Tuc | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 0h | |||
Deklinasie | -65º | |||
Grootte | 295 vk. grade (48ste) | |||
Kwadrant | SQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 3 | |||
Helderste ster | Alpha Tucanae | |||
Naaste ster | LHS 1208 | |||
Sterre helderder as 3 m | 1 | |||
Sterre met planete | 4 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Kraanvoël, Indiër, Oktant, Suidelike Waterslang, Eridanus (hoek), Feniks | ||||
|
Die Toekan (Latyn: Tucana) is ’n dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit kry sy naam van die Suid-Amerikaanse voël met dieselfde naam en is een van die 12 sterrebeelde wat in die 16de eeu deur Petrus Plancius geskep is na aanleiding van waarnemings deur Pieter Dirkszoon Keyser en Frederick de Houtman. Al sy sterre buiten een het ’n helderheid van minder as 3 mag.
Die helderste ster in die Toekan is Alpha Tucanae, met ’n helderheid van 2,87 mag. Beta Tucanae bestaan uit ’n groep van ses sterre. Die twee helderste koponente het ’n helderheid van tussen 4 en 5 mag. Kappa Tucanae bestaan uit vier sterre – twee dubbelsterre.
Aan die suidelike punt van die Toekan lê die Klein Magellaanse Wolk, ’n dwergsterrestelsel wat op ’n afstand van 210 000 ligjare een van die Melkweg se naaste bure is. Saam met die Groot Magellaanse Wolk lê dit in die Magellaanse Stroom, ’n wolk gas wat die twee sterrestelsels verbind.[1]
Die bolvormige sterreswerm 47 Tucanae (NGC 104) lê ook binne die sterrebeeld se grense. Die meeste sterre is ou, geel sterre. Die Tucana-dwergsterrestelsel, wat in 1990 ontdek is, is ook hier en NGC 346 is ’n stervormende streek.