Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Toys for Tots is 'n welwillendheidsprogram wat deur die United States Marine Corps Reserve bedryf word en speelgoed aan kinders skenk wie se ouers geen Kersfeesgeskenke kan bekostig nie. Die program is in 1947 deur reservis majoor Bill Hendricks en sy vrou in Los Angeles, Kalifornië geloods en het sedertdien 584 miljoen stukke speelgoed aan 265 miljoen kinders geskenk.[1]
'n Stigting, die Marine Toys for Tots Foundation, wat as nie-winsgewende openbare weldaadsorganisasie in Triangle, Virginië gesetel is, steun die program deur fondse in te samel en beskikbaar te stel.