Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Trol

From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min


Die Noorse tekenaar en skilder Theodor Kittelsen (1857-1914) se troltekeninge het ons huidige opvatting oor hoe 'n trol daar moet uitsien sterk beïnvloed. Die beeld wys 'n "Trol wat daaroor peins hoe oud hy is" uit die jaar 1911

Die term trol is 'n versamelnaam vir verskeie tipes lelike, mensagtige wesens uit die Nordiese volksdigkuns en tradisionele sprokieswêreld wat hulle wortels in die Oud-Nordiese mitologie het. Alhoewel hul voorkoms en hul eienskappe op verskillende maniere uitgebeeld word, word trolle nogtans meestal as gevaarlik en dom beskryf. Trolle woon by voorkeur in ontoeganklike plekke en natuurgebiede soos byvoorbeeld in die grotte van berge en bosse of in seegrotte.

Etimologie en wyer betekenis

[wysig | wysig bron]

Die oorsprong van die woord trol is onduidelik. Daar is reeds beweer dat daar 'n verbintenis met die ou Germaanse woord vir "vermorsel" of "wankel" sou bestaan, terwyl ander deskundiges aanneem dat dit 'n afgeswakte of vroulike vorm van 'n ouer woord kan wees wat nou onbekend is. Trolle is in Noors 'n variant van die woord trylle ("toor"), ongeag die verskillende uitgangspunt van die twee terme. Oorspronklik het trolle dus letterlik "towerkuns beoefen" beteken, of trylling ("towerkuns") het sy etimologiese wortels in trolldom (die Noorse woord vir heksery), trollskap en trollmakt ("trolmag").

In figuurlike taal verwys die term trol dikwels na 'n persoon wat onmanierlik en onbeskof teenoor iemand optree. Deesdae word die term trol of internet-trol veral in Engels gebruik om na iemand te verwys wat byvoorbeeld 'n diskussieforum met sy beledigende of haatlike bydraes probeer steur.

Ander

[wysig | wysig bron]

Daar is gehipotetiseer dat die trolmite sy oorsprong in werklike interaksies tussen anatomies moderne mense en Neanderdallers kan hê.[1][2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Neanderthals, Scandinavian Trolls, and Troglodytes". The Norwegian American. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2024. Besoek op 29 Junie 2024.
  2. "Gone but Not Forgotten. Extinct animals immortalized through folklore". Lapham's Quarterly. 13 (1): 93. Winter 2020.

Notas

[wysig | wysig bron]
  • Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Troll

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Trol
57 views | Status: cached on August 15 2025 08:53:41
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF