Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Umeå Energi

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Die kragsentrale in Umeå

Umeå Energi is 'n kragmaatskappy geleë in Umeå in die provinsie Västerbotten in Swede. Die maatskappy is verantwoordelik vir die lewering van elektrisiteit, saam met die verskaffing van distriksverkoeling, distriksverwarming asook breëband via n filiaal maatskappy UmeNet.[1]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die stadsraad van Umeå besluit in 1911 tot die stigting van 'n kragsentrale in Umeå, wat die oorsprong van die huidige maatskappy kan genoem word.

In 1965 is die maatskappy AB Umeå Värmeverk gestig en van 1968 tot 1970 is die afvalverbrandinginstallasie Ålidhemsverket gebou. In 1981 is die hittesentrale en die verbrandingsoond saamgevoeg tot 'n munisipale publieke maatskappy onder die naam AB Umeå Energiverk. Vyf jaar later (1986) is die naam in Umeå Energi AB verander en by die verbrandingsoond is 'n ekstra opgaartenk gebou om die gebruik van distrikverwarming meer doeltreffend te maak.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Umeå_Energi
10 views | Status: cached on September 02 2024 21:31:20
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF