Upington | |
---|---|
Dorp | |
Lugfoto van Upington se sentrale sakekern | |
Koördinate: 28°27′22″S 21°14′7″O / 28.45611°S 21.23528°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | ZF Mgcawu |
Munisipaliteit | Dawid Kruiper |
Stigting | 1873[1] |
Regering | |
Hoogte | 835 m (2 740 ft) |
Bevolking (2011)[3] | |
• Totaal | 74 834 |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 62.6% |
• Swart mense | 25.6% |
• Ander | 1.1% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 85.5% |
• Xhosa | 6.1% |
• Tswana | 3.2% |
• Engels | 2.1% |
• Ander | 3.1% |
Poskode (strate) | 8800 |
Skakelkode | 054 |
Webwerf | www.kharahais.gov.za www.greenkalahari.co.za |
Upington is 'n belangrike dorp geleë op die oewer van die Oranjerivier in die Noord-Kaap, Suid-Afrika.
Upington is in 1871 as 'n klein sendingstasie deur eerwaarde Christiaan Schröder gestig. Hy het die sendingstasie "Olijvenhoutsdrift" genoem. In 1896 is dit herdoop tot Upington ter ere van sir Thomas Upington, die eerste minister van die Kaapkolonie. Die dorp het munisipale status in 1898 verkry.
Vandag is Upington 'n groot dorp met 'n geskatte 101 504 inwoners in 2008, die naasgrootste nedersetting in die Noord-Kaap. Dit dien as 'n vername administratiewe sentrum van die provinsie Noord-Kaap. Upington lê in die Kalahariwoestyn, maar danksy die water van die Oranjerivier is dit 'n belangrike landbousentrum vir druiwe, koring en groente. Daarnaas is dit 'n gewilde toeristebestemming in die noordweste van Suid-Afrika.
Die Upington-lughawe (voorheen bekend as die Pierre van Ryneveld-lughawe) is by die dorp. Die N10 en N14 nasionale paaie kruis in Upington. Die spoorverbinding tussen Suid-Afrika en Namibië loop ook deur die dorp.
Upington kry gewoonlik 94 mm reënval per jaar met die meeste neerslae in die herfs. As 'n reël val geen reën in Junie nie en 29 mm in Maart. Die gemiddelde middagtemperatuur is 19,8 °C in Junie en 33 °C in Januarie, gewoonlik die warmste maand van die jaar. Die koudste maand is Julie, wanneer die kwik snags tot gemiddeld 2,8 °C daal.[4] Vroeg in Januarie 2016 is 45 °C op Upington gemeet, die hoogste temperatuur sedert 1959.[5]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Upington. |