Upington-lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: UTN – ICAO: FAUP
| |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Bedien | Upington, Noord-Kaap | ||
Hoogte bo seevlak | 851 m / 2791 vt | ||
Koördinate | 28°24′04″S 21°15′35″E / 28.40111°S 21.25972°O | ||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
17/35 | 4,900 | 16,076 | Teer |
01/19 | 2,438 | 7,998 | Teer |
08/26 | 834 | 2,736 | Teer |
Upington-lughawe (IATA-kode: UTN, ICAO: FAUP) is 'n lughawe geleë by Upington in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Met 'n lengte van 4 900 meter, is aanloopbaan 17/35 een van die langstes ter wêreld.
Met die einde van die Portugese bewind in Angola het die Suid-Afrikaanse Lugdiens sy landingsregte in Luanda verloor. Bykomend tot 'n vliegverbod oor Afrikalande, was daar kommer dat die land ook sy landingsregte in die Ivoorkus en Ilha do Sal (Kaap Verde) kon verloor. Om hierdie rede is Upington-lughawe se aanloopbaan gebou om 'n Boeing 747 met 'n vol vrag passasiers, vrag en brandstof te akkommodeer, sodat dit kon opstyg na Europa sonder om weer tussenin te land.
Van Augustus 1976 tot Desember 1996 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik gemaak van Upington as 'n vulstasie vir twee weekliksgeskeduleerde Boeing 747-vlugte na Londen en Zürich.
Upington is gekies as gevolg van sy strategiese posisie, die beskikbaarheid van grond en sy relatief laer hoogte bo seevlak as Johannesburg. Upington-lughawe is in 1968 geopen as Pierre van Ryneveld-lughawe. In 1974 is 'n brandweerstasie van sinkplaat opgerig, maar hierdie struktuur is omskep in administratiewe kantore vir die lughawebestuur en ander administratiewe personeel in 1996 en die brandweerstasie is verskuif.