Vaginale kanker | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
ICD-10 | C52 | |
ICD-9 | 184.0 | |
DiseasesDB | 13693 | |
MedlinePlus | 001510 | |
eMedicine | med/3330 | |
MeSH | D014625 | |
![]() |
Vaginale kanker is ’n soort kanker wat in die weefsel van die vagina voorkom. Primêre vaginale kanker is skaars en is gewoonlik ’n plaveiselselkarsinoom (PSS). Dit is meer algemeen dat die kanker van ander dele van die liggaam na die vagina versprei.
Vaginale kanker word veral aangetref by vroue bo 50 jaar, maar kan op enige ouderdom voorkom, selfs by babas. Dit kan dikwels genees word as dit betyds ontdek word. Chirurgie of ’n kombinasie van chirurgie en bestraling word gewoonlik gebruik om dit te behandel.
Daar is dikwels geen simptome nie en die kanker word meestal opgespoor tydens ’n roetine-ondersoek. As daar wel simptome is, is dit gewoonlik abnormale vaginale bloeding, wat ná seks of tydens, voor of ná menstruasie kan voorkom.[1]
Ander, minder spesifieke tekens sluit in moeilike of pynlike urinering, pyn tydens seks en pyn in die bekkenarea. Die verskillende fases is:
Verskeie toetse word gebruik om vaginale kanker te diagnoseer,[2] soos: