Valéry Marie René Georges Giscard d'Estaing (VK: /ˌʒiːskɑːr dɛˈstæ̃/, US: /ʒɪˌskɑːr -/, Frans: [valeʁi ʒiskaʁ destɛ̃] (luister); 2 Februarie 1926 – 2 Desember 2020), ook bekend as Giscard of VGE, was 'n voormalige Franse politikus wat van 1974 tot 1981 as president van Frankryk gedien het.
As Minister van Finansies onder Jacques Chaban-Delmas en die premier Pierre Messmer het hy die presidentsverkiesing van 1974 met 50,8% van die stemme teen François Mitterrand van die Sosialistiese Party gewen.
Sy ampstermyn is gekenmerk deur 'n meer liberale houding betreffende maatskaplike kwessies soos byvoorbeeld egskeiding, voorbehoedmiddels en aborsie - asook pogings om die land en die amp van die presidentskap te moderniseer, en veral om vertroue in verreikende infrastruktuur projekte soos die TGV te skep, asook om vertroue te skep in kernkrag as Frankryk se belangrikste energiebron.
Sy gewildheid het egter gely onder die ekonomiese afswaai wat gevolg het op die energiekrisis in 1973, wat die einde van die "dertig glorieryke jare" ná die Tweede Wêreldoorlog was. Giscard d'Estaing het politieke opposisie van albei kante van die spektrum gehad: van die nuut-verenigde linkerkant van François Mitterrand en 'n opkomende Jacques Chirac, wat Gaullisme op 'n regse grondslag laat herleef het. In 1981 het hy ondanks hoë goedkeuringsvlakke sy herverkiesing in 'n afloopstryd teen Mitterrand verloor, met 48,2% van die stemme.
As 'n voormalige president van Frankryk is Giscard d'Estaing lid van die Konstitusionele Raad. Vanaf 1986 tot 2004 was hy ook president van die Streekraad van Auvergne gewees. Hy was ook betrokke by die Europese Unie. In 2003 is hy verkies tot die Académie Française en het hy die stoel oorgeneem wat sy vriend en voormalige president van Senegal, Léopold Sédar Senghor, beklee het. Op 93-jarige ouderdom is Giscard die langslewende voormalige Franse president in die geskiedenis.
Giscard sterf op 2 Desember 2020 as gevolg van komplikasies van die koronavirus.[1] Hy was 94 jaar oud.[2][3][4]