Vedanta (Sanskrit: वेदान्त), ook Uttara Mīmāṃsā, is een van die ses groot ortodokse skole van Hindoeïsme. Dit beteken letterlik "einde van die Vedas"[1] en weerspieël idees oor die spekulasies en filosofieë wat in die Upanishads vervat is, veral kennis en bevryding.
Die ander vyf ortodokse skole is Samkhya, Nyaya, Vaisheshika, Mimamsa en Yoga.