Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Vesuvius

From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min

Vesuvius
Lugfoto van die vulkaan se krater. Lugfoto van die vulkaan se krater.
Ligging Golf van Napels, Italië
Hoogte 1 281 meter bo seevlak
Koördinate 40°49′17″N 14°25′32″O / 40.82139°N 14.42556°O / 40.82139; 14.42556
Bergtipe Vulkaan
Ligging van Vesuvius op 'n kaart (Italië)
Vesuvius
Vesuvius
Sonop oor Vesuvius
Die vulkaanuitbarsting in 79 n.C.
Amerikaanse B-25 Mitchell-bomwerpers vlieg verby Vesuvius tydens die uitbarsting van 1944

Vesuvius (Italiaans: Monte Vesuvio, Latyn: Mons Vesuvius) is 'n vulkaan aan die weskus van Italië, suidoos van Napels. Die naam "Vesuvius" is afkomstig van Oskies "fesf", wat rook beteken. Die vulkaan lê in die vlakte van Kampanië en het 'n deursnede van 8 kilometer en is 1281 meter hoog.

Vesuvius die enigste aktiewe vulkaan in die hoofland van Europa. Die twee ander groot vulkane in Italië, Etna en Stromboli, is respektiewelik op die eilande van Sisilië en Stromboli geleë.

Die vulkaan het die antieke Romeinse stede Oplontis, Stabiae, Pompeji en Herculaneum in die jaar 79 n.C. verwoes.[1] Die stede is nooit weer herbou nie, dit is totaal begrawe en die mense wie se voorgeslagte daar bly het, het selfs daarvan vergeet tot dit in die 18de eeu per ongeluk ontdek is.

Die vulkaan se laaste uitbarsting was in 1944. Argeoloë het die sterflike oorskot van diere en twee mense asook voetspore van vlugtendes ontdek wat slagoffers van 'n vroeëre Pliniese uitbarsting, die sogenaamde Pomici di Avellino, gedurende die bronstydperk geword het. Hierdie uitbarsting was blykbaar meer verwoestend as dié van 79 n.C. en het alle nedersettings in die vulkaan se omgewing vernietig. Antieke oorlewerings, dikwels vervreem as mitologie, het na hierdie natuurramp verwys.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Gay, Peter; Time-Life Books (1966). "A Vogue For Sentimentality". Age of Enlightenment. Time. p. 97.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Vesuvius
9 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF