Video is ’n elektroniese medium vir die opneem, kopieer, terugspeel, uitsaai en vertoon van bewegende visuele media.[1] In 1951 het die eerste video-opnemer beelde van televisiekameras opgeneem deur die kamera se elektroniese impulse om te skakel en die inligting op ’n magnetiese videoband te stoor. Video is aanvanklik ontwikkel vir meganiese televisiestelsels, wat kort daarna vervang is deur katodestraalbuisstelsels (CRT) wat later vervang is deur platskerms van verskillende soorte.
Videostelsels wissel in skermresolusie, beeldverhouding, verversingstempo, kleurvermoë en ander eienskappe. Daar bestaan analoë en digitale variante en dit kan op verskillende media gedra word, insluitend radio-uitsendings, magneetband, optiese skyfies, rekenaarlêers en netwerkstroming.
In 1971 het Sony videokassetopnemers en -bande aan die publiek begin verkoop.[2]
Ná die uitvinding van DVD's in 1997 en Blu-ray in 2006 het die verkope van video's skerp gedaal.
Analoogvideo is 'n videosein wat deur een of meer analoogseine voorgestel word. Analoogkleurvideoseine sluit in helderheid (Y) en chrominansie (C). As dit in een kanaal gekombineer word, soos onder andere met NTSC, PAL en SECAM, word dit saamgestelde video genoem. Analoogvideo kan in aparte kanale gevoer word, soos in twee kanale S-Video (YC) en multikanaal komponentvideoformate.
Digitale videoseinformaat is bekendgestel, insluitend Series-digitale koppelvlak (SDI), Digitale visuele koppelvlak (DVI), High-Definition Multimedia Interface (HDMI) en DisplayPort Interface.