Werner von Siemens | |
---|---|
Gebore | Ernst Werner Siemens 13 Desember 1816 |
Sterf | 6 Desember 1892 (op 75) |
Nasionaliteit | Duits |
Beroep | entrepreneur en uitvinder |
Bekend vir | stigter van die Siemens-maatskappy |
Eggenoot | Mathilde Drumann (1852–1865, haar dood) Antonie Siemens (1869–1892, sy dood) |
Kinders | 6 |
Ouer(s) | Christian Ferdinand Siemens en Eleonore Henriette Deichmann |
Handtekening | |
Ernst Werner von Siemens (* 13 Desember 1816 in Lenthe (Duitsland), † 6 Desember 1892 in Berlyn) was 'n Duitse uitvinder en nyweraar.
Siemens het tot die uitvinding en ontwikkeling van elektriese motore bygedra en het ook die elektriese wetenskap help vervolmaak. Die eenheid siemens vir elektriese geleidingsvermoë is na hom vernoem.