Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Wigan

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min

Wigan se stadsaal

Wigan is 'n groot dorp in Groter Manchester, Engeland, aan die Douglasrivier. Die dorp is halfpad tussen die twee stede Manchester, 26 km na die suidooste, en Liverpool, 27 km na die suidweste. Bolton lê 16 km na die noordooste en Warrington 19 km na die suide. Dit is die grootste nedersetting in die Metropolitaanse Graafskap van Wigan en is sy administratiewe sentrum. Die dorp het 'n bevolking van 107 732[1] en die breër geweste 330 713. Wigan was voorheen in die historiese graafskap Lancashire.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Understanding towns in England and Wales: Population and demography - Office for National Statistics".

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Wigan
15 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF