Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Wiki

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

'n Wiki-Wiki-bus op die lughawe van Honolulu, Hawaii, USA die oorsprong van die term.

'n Wiki of wiki (met 'n kleinletter; van wikiwiki, Hawais vir 'snel'; uitgespreek "whiekie" of "wiekie") is 'n webwerf (of ander dokumentversameling) wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum, maar maak ook die verandering daarvan deur enige ander gebruiker moontlik.

Die term Wiki kan ook verwys na die samewerkende sagteware wat ingespan word om só 'n webwerf te bedryf; sien Wiki-sagteware.

"Wiki" (met 'n hoofletter) en "WikiWikiWeb" word soms gebruik om na die Portland Pattern Repository te verwys, wat geag word as die eerste wiki ooit. Voorstaanders van hierdie gebruik stel 'n kleinletter-"w" voor om te onderskei tussen die generiese terme hier beskryf. "Wiki wiki" kom van die Hawaise term vir "flink" of "uiters vinnig".

Soms word "wikiwiki" of "WikiWiki" gebruik in plaas van "wiki". Die terme is uitruilbaar, alhoewel die voorafgaande verskillende standpunte oor letterkas ook soortgelyk van toepassing is.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Wiki
10 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF