Willard Van Orman Quine | |
Willard Van Orman Quine in 1980
| |
Gebore | Akron, Ohio | 25 Junie 1908
---|---|
Oorlede | 25 Desember 2000 (op 92) Boston, Massachusetts |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Logika, ontologie, epistemologie, filosofie van taal, filosofie van wiskunde, wetenskapsfilosofie, stelteorie |
Instelling(s) | Harvard-universiteit |
Doktorale promotor(s) | Alfred North Whitehead |
Ander akademiese adviseur(s) | Clarence Irving Lewis[1] |
Doktorale student(e) | David Lewis, Gilbert Harman, Dagfinn Føllesdal, Hao Wang, Frank Thompson |
Ander bekende student(e) | Donald Davidson, Daniel Dennett |
Bekend vir | Nuwe grondslae, abstrakte voorwerpe, onbepaaldheid van vertaling, genaturaliseerde epistemologie, ontologiese relatiwiteit, Quine se paradoks, Duhem-Quine-tesis, Quine-Putnam-onontbeerlikheidsproefskrif, radikale vertaling, onberispelikheid van verwysing, bevestigingshelisme, twee dogmas van empirisme, kognitiewe sinoniem, waarnemingsverklaring , Quine-McCluskey-algoritme, Quine-Morse-stelteorie, lewendige aanwyser, predikaat funktor logika, Quine se hoeke, Plato se baard. |
Beïnvloed deur | Rudolf Carnap, Alfred Tarski, Weense Sirkel, Clarence Irving Lewis, Alfred North Whitehead, B. F. Skinner, Pierre Duhem |
Invloed op | Roger F. Gibson, Jr., Donald Davidson, Daniel Dennett, David Lewis, Penelope Maddy, Hilary Putnam, Richard Rorty, Dagfinn Føllesdal, Gilbert Harman, Hao Wang |
Toekennings | Rolf Schock-prys in Logika en Filosofie (1993) Kioto-prys (1996) |
Willard Van Orman Quine (Akron, Ohio, 25 Junie 1908 - Boston, 25 Desember 2000) was 'n invloedryke Amerikaanse filosoof en logikus in die analitiese tradisie uit die 20ste eeu. 'n Onlangse internet meningsopname onder filosowe is Quine geidentifiseer as een van die vyf belangrikste filosowe van die laaste twee eeue.[2] Hy het ook die eerste Rolf Schockprys vir logika en filosofie in 1993 gewen.[3] Na hom is die Duhem-Quinestelling genoem.
Volgens The Time of My Life, Quine se outobiografie uit 1986, ontvang Quine sy baccalaureus diploma in sowel die wiskunde as in die filosofie in 1930. Twee jaar later ontvang hy sy PhD in filosofie aan Harvard-universiteit. Hy was 'n student van Alfred North Whitehead, Rudolf Carnap en C.I. Lewis [4][5] en het self ook bekende studente gehad, waaronder David Kellogg Lewis, Donald Davidson en Daniel Dennett. Hy het sy hele lewe aan die Harvard-universiteit gedoseer.
Hy was 'n aanhanger van die analitiese filosofie, hoewel hy ook een van die vernaamste voorstanders was van 'n visie van filosofie as meer as net 'n konseptuele analise. Sy vernaamste werk is Two Dogmas of Empiricism (1951), waarin hy 'n aanval doen op die onderskeid tussen analitiese en sintetiese stellings en waarin hy 'n betekenisleer verdedig, naamlik 'n vorm van "semantiese holisme". Dit hou die oortuiging in dat 'n bepaalde deel van die taal, dit is 'n term of 'n volledige sin, kan slegs verstaan word deur middel van sy verhoudings met 'n (voorheen verstaande) groter segment van die taal. In hierdie werk het hy veral Rudolf Carnap, sy leermeester,onderskryf maar daar gaan stemme op die stel dat dit onregverdig is.[6] 'n Ander belangrike werk is Word and Object (1960), waarin hy hierdie posisies verder ontwikkel en sy indeterminacy of translation-thesis (die onbepaaldheid van 'n vertaling) bekendstel. Dit is 'n pleidooi vir epistemologie en bevat 'n argument om fisiesisme voor fenomenologie en dualisme te plaas, en ekstensionaliteit voor intensionaliteit. Quine ontwikkel ook 'n invloedryke natuurlike epistemologie, dit wil sê 'n epistemologie wat 'n sterk nadruk lê op die rol wat die natuurwetenskappe speel in die verkryging van kennis. Hierdie poog "'n beter wetenskaplike verklaring [te gee] van hoe ons daarin geslaag het om ingewikkelde wetenskaplike teorieë te ontwikkel op grond van net marginale sensoriese insette."[7]
Hiernaas word Quine ook gesien as 'n belangrike wetenskap filosoof weens sy "sistematiese progings om wetenskap te verstaan vanuit die middele of bronne van die wetenskap self."[7]
Terwyl sy bydraes tot logika elegante uiteensettings en 'n aantal tegniese resultate behels, was dit in die versamelingsleer wat Quine die mees innoverende was. Hy het altyd volgehou dat die wiskunde die versamelingsleer nodig het en dat die versamelingsleer sterk verskil van die logika.