Zamani Saul | |
![]() Saul in 2020 | |
Premier van die Noord-Kaap
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Mei 2019 | |
Voorafgegaan deur | Sylvia Lucas |
---|---|
Provinsiale voorsitter van die African National Congress
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 12 Mei 2017 | |
Vise | Bentley Vass |
Voorafgegaan deur | John Block |
Lid van die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Mei 2019 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Zamani Saul 7 Maart 1972 |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Tapsy Saul |
Alma mater | Universiteit van Wes-Kaapland Universiteit van die Vrystaat |
Zamani Saul (gebore 7 Maart 1972) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy is tans die premier van die Noord-Kaap en die provinsiale voorsitter van die African National Congress (ANC), asook lid van die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer. Saul was voorheen die provinsiale sekretaris en adjunk provinsiale sekretaris van die ANC.
Saul is op 7 Maart 1972 gebore. Hy het aan die Hoërskool Umso in Colesberg gematrikuleer. Hierna het hy by die Universiteit van die Vrystaat gestudeer en 'n meestersgraad in ontwikkelingstudies behaal. Hy het 'n meestersgraad in regte en later 'n doktorsgraad in publieke reg en regsleer aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. Hy studeer tans vir 'n doktorsgraad in filosofie in multi-dissiplinêre studies aan die Universiteit van Suid-Afrika.
Saul was die munisipale bestuurder van die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit van 2000 tot 2008. In 2004 is hy verkies as adjunk-provinsiale sekretaris van die African National Congress. Hy is in 2008 as die provinsiale sekretaris verkies en herverkies tot 'n tweede termyn in 2012.[1] Op 12 Mei 2017 is hy eenparig verkies as die provinsiale voorsitter van die ANC nadat Sylvia Lucas haar kandidatuur onttrek het. Hy het John Block opgevolg wat in Oktober 2015 uit die pos bedank het.[2] Saul word beskou as iemand wat deel is van die Ramaphosa-faksie van die ANC.[3]
Na die algemene verkiesing in 2019 het die ANC Nasionale Uitvoerende Komitee Saul aangewys as sy premierskandidaat vir die provinsie.[4] Hy is op 22 Mei 2019 as premier verkies.[5]
Saul is getroud met Tapsy en die egpaar het kinders. Hulle woon in Kimberley.