Ligging | Zandvoort, Nederland |
---|---|
Tydsone | UTC+1 |
Koördinate | 52°23′19.75″N 4°32′27.32″E / 52.3888194°N 4.5409222°O |
Groot byeenkomste | Hollandse Grand Prix Duitse Toermotormeesters Meesters van Formule 3 |
Grand Prix-renbaan (2020–huidig) | |
Lengte | 4,259 km (2,646 mi) |
Draaie | 14 |
Rondterekord | 1:11.079 ( Lewis Hamilton, Mercedes, 2021, Formule Een) |
Oorspronklike renbaan (1948–1989) | |
Lengte | 4,252 km (2,642 mi) |
Draaie | 19 |
Rondterekord | 1:11:074 ( Nelson Piquet, Brabham BMW BT54, 1985) |
Die Zandvoort-renbaan is 'n 4,259 km lange motorsportrenbaan in Zandvoort, Nederland. Die Hollandse Grand Prix wat van 1952–1985 vir 30 byeenkomste daar aangebied is en sedert 2021 die Nederlandse Grand Prix.
Die baan het gewild geword vanweë sy vinnige, uitgestrekte draaie soos Scheivlak sowel as die "Tarzanbocht" (Tarzandraai), 'n haarnaalddraai aan die einde van die begin/eindpylvak. Tarzanbocht is die bekendste draai op die baan. Aangesien daar 'n helling in die draai is, bied dit uitstekende verbysteekgeleenthede. Dit is moontlik om buite sowel as in die makliker binnebaan verby te steek.[1]
Hierdie draai is glo vernoem na 'n plaaslike karakter wat die bynaam Tarzan verwerf het en wou net sy groentetuin in die duine prysgee as die baan se ontwerpers 'n nabygeleë draai na hom vernoem het. Van 2020 af is daar ook 'n helling in die Hugenholtzdraai en die Arie Luyendijkdraai.
Die uitleg van die baan is verskeie kere verander:
Die draaie het die volgende name (die nommers stem ooreen met die kaart in hierdie afdeling, beginnende by die wegspringstreep):
Die hoogteverskil oor die baan is 7,92 meter.